Welcome to Gerard the Clown (Pty)Ltd

If you have already registered, please login to view prices.
If not, Please register a free account with us now.

login or Register

"ATKV-Buffelspoort Kuier Naweek"


Find out more about "ATKV-Buffelspoort Kuier Naweek"


Positive SSL


Kuier Naweek ATKV-Buffelspoort in samewerking met Pretoria FM

Pak jou tas en kom sluit die skool vakansie af met die heel eerste Kuier Naweek ATKV-Buffelspoort in
samewerking met Pretoria FM
op 27 tot 29 September 2019.

Met Snotkop, Die Campbells, Ricus Nel, Fatman, Frank Opperman en kindervermaak deur Gerard en RD
kan families en vriende uitsien na 'n onvergeetlike naweek gevul met hope vermaak vir oud en jonk.

Dit maak nie saak of jy 'n rondawel, kampplek of net vir die dag wil bespreek nie, die keuse is joune!

Pretoria FM gaan ook buite uitsendings vanaf die Kuier Naweek doen terwyl jy ATKV-Buffelspoort se
vele fasiliteite geniet…

• Koue en warm binnenshuise en buiteswembaddens
• Borrelbaddens
• Waterwurm en wipmatte
• Snoeker en potspel
• Gholf en avontuur-minigholf
• Vlugbal, muurbal en tennis
• 'n Gelisensieerde restaurant met 'n afdeling vir wegneemetes, 'n sportkroeg, skoonheidsalon en
goed toegeruste winkel en drankwinkel. As ook 'n OTM op die perseel.

ATKV-Buffelspoort se verskeidenheid selfsorgakkommodasie sluit in…

• Magalies-villas
• Rondawels
• Tenthuise
• Woonstelle
• Woonwa en kampeerterrein

Vir besprekings van akkommodasie (wat vermaak insluit) skakel 014 572 1000 of e-pos:
buffelspoort@atkv.org.za

Kaartjies vir slegs die aand optredes ook beskikbaar by Computicket vir R120.

Daar is ook hope pryse en geskenke van Camp Master, Dairymaid, Eskimo Toffees, Miami en Toeka Se
Mielie Pap.

Bespreek vandag nog jou plek vir 'n Kuier Naweek soos nog nooit tevore!


Kuier Naweek ATKV-Buffelspoort – Program:

Vrydag, 27 September

19:00 - Die Campbells & Fatman sing hulle grootste treffers… Rooi Rok Bokkie gaan Dorp Toe! 'n Buitelug vertoning by Buffelspark. Bring jou kampstoele en maak reg vir 'n lekker opskop. Pryse te wen geborg deur Camp Master.

Saterdag, 28 September

10:00 - Frank Opperman se eenmanvertoning: "Donkie".
Ontmoet mnr. Barry Swart, die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, 'n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is 'n bekommerde man. Daar is persberigte dat die skool besig is om agteruit te gaan. Daar's ernstige dissiplineprobleme, rassistiese voorvalle en dit lyk of Afrikaans se dae getel is. Boonop het die eerste rugbyspan nou al vyf wedstryde agtereenvolgend verloor. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.
Taal: Afrikaans
Skrywer: Dana Snyman
Regisseur: Gerrit Schoonhoven

11:00 - Musiekfabriek & Kapperjolsports by die Dairymaid Verhoog. Bring jou swemklere en maak reg om te dans.
Pryse te wen geborg deur Dairymaid en Eskimo Toffees.

11:45 - Rugby Wêreldbeker
: Springbokke teen Namibië in die Dahliasaal.

12:00 - Gerard & RD vertoning by die Dairymaid Verhoog.
Die vertoning is hope pret en komies. Beide volwassenes en kinders sal dit geniet.
Die vertoning sal "juggling", "clowning", towerkuns, 'n ballon roetiene, spesiale gas Dolfie die lewende pop insluit en eindig op 'n hoë noot met die skouspelagtige "head chopper" illusie.

17:00 - Bring & Braai. Die vure is aangesteek en die pap en sous word gratis deur Toeke Se Mielie Pap en Miami voorsien. Bring jou kampstoel en begin kuier na aanloop na die aand se vertoning by Buffelspark.

19:00 – Snotkop & Ricus Nel vertoning by Buffelspark. Hou jy van Sous of Harde Kole? Dis tyd om partyjie te hou!

Sondag, 29 September

09:00 - Erediens in die Buffelsaal.